All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Psalms 150

Proverbs 1:1-33

Proverbs 2 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 1:1
 
Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,  
 
Pro 1:2
 
om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,  
 
Pro 1:3
 
om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;  
 
Pro 1:4
 
om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;  
 
Pro 1:5
 
laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,  
 
Pro 1:6
 
om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.  
 
Pro 1:7
 
Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.  
 
Pro 1:8
 
My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;  
 
Pro 1:9
 
want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.  
 
Pro 1:10
 
My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;  
 
Pro 1:11
 
as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,  
 
Pro 1:12
 
laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;  
 
Pro 1:13
 
allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;  
 
Pro 1:14
 
jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê--  
 
Pro 1:15
 
my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;  
 
Pro 1:16
 
want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;  
 
Pro 1:17
 
want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:  
 
Pro 1:18
 
so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.  
 
Pro 1:19
 
So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.  
 
Pro 1:20
 
Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,  
 
Pro 1:21
 
op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:  
 
Pro 1:22
 
Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?  
 
Pro 1:23
 
Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.  
 
Pro 1:24
 
Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,  
 
Pro 1:25
 
en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,  
 
Pro 1:26
 
daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;  
 
Pro 1:27
 
as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.  
 
Pro 1:28
 
Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.  
 
Pro 1:29
 
Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,  
 
Pro 1:30
 
van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,  
 
Pro 1:31
 
daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.  
 
Pro 1:32
 
Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;  
 
Pro 1:33
 
maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Psalms 1501 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 2Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards