| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Exd 40:1 | Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
| |
| | Exd 40:2 | Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.
| |
| | Exd 40:3 | En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangsel bedek.
| |
| | Exd 40:4 | Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
| |
| | Exd 40:5 | En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.
| |
| | Exd 40:6 | Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.
| |
| | Exd 40:7 | En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.
| |
| | Exd 40:8 | En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.
| |
| | Exd 40:9 | Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.
| |
| | Exd 40:10 | Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.
| |
| | Exd 40:11 | Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.
| |
| | Exd 40:12 | Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.
| |
| | Exd 40:13 | Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
| |
| | Exd 40:14 | Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.
| |
| | Exd 40:15 | Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
| |
| | Exd 40:16 | En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.
| |
| | Exd 40:17 | En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.
| |
| | Exd 40:18 | En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.
| |
| | Exd 40:19 | En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:20 | Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.
| |
| | Exd 40:21 | Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:22 | Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.
| |
| | Exd 40:23 | En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:24 | Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
| |
| | Exd 40:25 | En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:26 | En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,
| |
| | Exd 40:27 | en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:28 | Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.
| |
| | Exd 40:29 | En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:30 | Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.
| |
| | Exd 40:31 | En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.
| |
| | Exd 40:32 | As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
| |
| | Exd 40:33 | Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.
| |
| | Exd 40:34 | Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
| |
| | Exd 40:35 | sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
| |
| | Exd 40:36 | En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;
| |
| | Exd 40:37 | maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.
| |
| | Exd 40:38 | Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.
| |