All NT OTBook
Compare Texts
Genesis 1 Exodus 36

Exodus 37:1-29

Exodus 38 Leviticus 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Exd 37:1
 
En Besáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.  
 
Exd 37:2
 
En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan 'n goue krans gemaak rondom.  
 
Exd 37:3
 
En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.  
 
Exd 37:4
 
En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;  
 
Exd 37:5
 
en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.  
 
Exd 37:6
 
Hy het ook 'n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.  
 
Exd 37:7
 
Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.  
 
Exd 37:8
 
Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.  
 
Exd 37:9
 
En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.  
 
Exd 37:10
 
Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en 'n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.  
 
Exd 37:11
 
En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.  
 
Exd 37:12
 
Hy het ook daarvoor 'n lys van 'n handbreed gemaak rondom; en hy het 'n goue krans vir die lys gemaak rondom.  
 
Exd 37:13
 
Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.  
 
Exd 37:14
 
Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.  
 
Exd 37:15
 
Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.  
 
Exd 37:16
 
En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.  
 
Exd 37:17
 
Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.  
 
Exd 37:18
 
En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.  
 
Exd 37:19
 
Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom--so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.  
 
Exd 37:20
 
Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:  
 
Exd 37:21
 
daar was 'n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan--vir die ses arms wat daaruit uitgaan.  
 
Exd 37:22
 
Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.  
 
Exd 37:23
 
En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.  
 
Exd 37:24
 
Van 'n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.  
 
Exd 37:25
 
En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.  
 
Exd 37:26
 
En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.  
 
Exd 37:27
 
Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.  
 
Exd 37:28
 
En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.  
 
Exd 37:29
 
Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger dit maak.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Genesis 1Exodus 366 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 Exodus 38Leviticus 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards