All NT OTBook
Compare Texts
Genesis 1 Exodus 28

Exodus 29:1-46

Exodus 30 Leviticus 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Exd 29:1
 
En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,  
 
Exd 29:2
 
en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.  
 
Exd 29:3
 
En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.  
 
Exd 29:4
 
Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.  
 
Exd 29:5
 
En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.  
 
Exd 29:6
 
En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband.  
 
Exd 29:7
 
Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom.  
 
Exd 29:8
 
Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,  
 
Exd 29:9
 
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.  
 
Exd 29:10
 
En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.  
 
Exd 29:11
 
En slag die bul voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms.  
 
Exd 29:12
 
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet.  
 
Exd 29:13
 
En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.  
 
Exd 29:14
 
Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer.  
 
Exd 29:15
 
Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;  
 
Exd 29:16
 
daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.  
 
Exd 29:17
 
En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.  
 
Exd 29:18
 
Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE.  
 
Exd 29:19
 
Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;  
 
Exd 29:20
 
jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.  
 
Exd 29:21
 
Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.  
 
Exd 29:22
 
En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud--want dit is 'n wydingsram--  
 
Exd 29:23
 
en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.  
 
Exd 29:24
 
En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.  
 
Exd 29:25
 
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.  
 
Exd 29:26
 
En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.  
 
Exd 29:27
 
En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.  
 
Exd 29:28
 
En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers--hulle hefoffer aan die HERE.  
 
Exd 29:29
 
En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.  
 
Exd 29:30
 
Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek.  
 
Exd 29:31
 
En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.  
 
Exd 29:32
 
Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.  
 
Exd 29:33
 
En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.  
 
Exd 29:34
 
En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.  
 
Exd 29:35
 
So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.  
 
Exd 29:36
 
Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.  
 
Exd 29:37
 
Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.  
 
Exd 29:38
 
En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.  
 
Exd 29:39
 
Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,  
 
Exd 29:40
 
met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam.  
 
Exd 29:41
 
En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.  
 
Exd 29:42
 
Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.  
 
Exd 29:43
 
En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.  
 
Exd 29:44
 
So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.  
 
Exd 29:45
 
En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees;  
 
Exd 29:46
 
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Genesis 1Exodus 286 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 Exodus 30Leviticus 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards