| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Exd 26:1 | En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.
| |
| | Exd 26:2 | Die lengte van elke tentdoek moet agt en twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.
| |
| | Exd 26:3 | Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
| |
| | Exd 26:4 | En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
| |
| | Exd 26:5 | Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.
| |
| | Exd 26:6 | Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
| |
| | Exd 26:7 | Ook moet jy doeke van bokhaar maak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
| |
| | Exd 26:8 | Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.
| |
| | Exd 26:9 | En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent.
| |
| | Exd 26:10 | En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
| |
| | Exd 26:11 | Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
| |
| | Exd 26:12 | En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke--die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel.
| |
| | Exd 26:13 | En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
| |
| | Exd 26:14 | Jy moet ook vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en 'n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.
| |
| | Exd 26:15 | Jy moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
| |
| | Exd 26:16 | Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.
| |
| | Exd 26:17 | Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
| |
| | Exd 26:18 | En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
| |
| | Exd 26:19 | Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
| |
| | Exd 26:20 | En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style
| |
| | Exd 26:21 | met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
| |
| | Exd 26:22 | En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.
| |
| | Exd 26:23 | Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
| |
| | Exd 26:24 | En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
| |
| | Exd 26:25 | So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
| |
| | Exd 26:26 | Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
| |
| | Exd 26:27 | en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
| |
| | Exd 26:28 | En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
| |
| | Exd 26:29 | En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
| |
| | Exd 26:30 | So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
| |
| | Exd 26:31 | Verder moet jy 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs.
| |
| | Exd 26:32 | En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
| |
| | Exd 26:33 | En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
| |
| | Exd 26:34 | En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
| |
| | Exd 26:35 | En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
| |
| | Exd 26:36 | Jy moet ook vir die ingang van die tent 'n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
| |
| | Exd 26:37 | En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet
| |