All NT OTBook
Compare Texts
Genesis 1 Exodus 24

Exodus 25:1-40

Exodus 26 Leviticus 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Exd 25:1
 
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:  
 
Exd 25:2
 
Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My 'n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.  
 
Exd 25:3
 
En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;  
 
Exd 25:4
 
en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;  
 
Exd 25:5
 
en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;  
 
Exd 25:6
 
olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;  
 
Exd 25:7
 
oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.  
 
Exd 25:8
 
Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.  
 
Exd 25:9
 
Volgens alles wat Ek jou laat sien--die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort--so moet julle dit maak.  
 
Exd 25:10
 
Hulle moet dan 'n ark van akasiahout maak. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.  
 
Exd 25:11
 
En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan 'n goue krans maak rondom.  
 
Exd 25:12
 
En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.  
 
Exd 25:13
 
En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.  
 
Exd 25:14
 
En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.  
 
Exd 25:15
 
Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.  
 
Exd 25:16
 
Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.  
 
Exd 25:17
 
Maak ook 'n versoendeksel van suiwer goud. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.  
 
Exd 25:18
 
Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.  
 
Exd 25:19
 
En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.  
 
Exd 25:20
 
En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.  
 
Exd 25:21
 
En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.  
 
Exd 25:22
 
En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.  
 
Exd 25:23
 
Maak ook 'n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en 'n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.  
 
Exd 25:24
 
En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor 'n goue krans rondom.  
 
Exd 25:25
 
Maak daarvoor ook 'n lys van 'n handbreed rondom; en maak 'n goue krans vir die lys rondom.  
 
Exd 25:26
 
En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.  
 
Exd 25:27
 
Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.  
 
Exd 25:28
 
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.  
 
Exd 25:29
 
Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.  
 
Exd 25:30
 
En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.  
 
Exd 25:31
 
Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.  
 
Exd 25:32
 
En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.  
 
Exd 25:33
 
Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom--so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.  
 
Exd 25:34
 
Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:  
 
Exd 25:35
 
daar moet 'n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan--vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.  
 
Exd 25:36
 
Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees--alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.  
 
Exd 25:37
 
Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.  
 
Exd 25:38
 
Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.  
 
Exd 25:39
 
Van 'n talent suiwer goud moet hulle dit maak--al hierdie voorwerpe.  
 
Exd 25:40
 
En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Genesis 1Exodus 246 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 Exodus 26Leviticus 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards