All NT OTBook
Compare Texts
Genesis 1 Exodus 19

Exodus 20:1-26

Exodus 21 Leviticus 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Exd 20:1
 
Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:  
 
Exd 20:2
 
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.  
 
Exd 20:3
 
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.  
 
Exd 20:4
 
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.  
 
Exd 20:5
 
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;  
 
Exd 20:6
 
en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.  
 
Exd 20:7
 
Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.  
 
Exd 20:8
 
Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.  
 
Exd 20:9
 
Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;  
 
Exd 20:10
 
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie--jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.  
 
Exd 20:11
 
Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.  
 
Exd 20:12
 
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.  
 
Exd 20:13
 
Jy mag nie doodslaan nie.  
 
Exd 20:14
 
Jy mag nie egbreek nie.  
 
Exd 20:15
 
Jy mag nie steel nie.  
 
Exd 20:16
 
Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.  
 
Exd 20:17
 
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.  
 
Exd 20:18
 
En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.  
 
Exd 20:19
 
En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.  
 
Exd 20:20
 
Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.  
 
Exd 20:21
 
So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.  
 
Exd 20:22
 
Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.  
 
Exd 20:23
 
Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.  
 
Exd 20:24
 
'n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.  
 
Exd 20:25
 
Maar as jy vir My 'n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.  
 
Exd 20:26
 
Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Genesis 1Exodus 193 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 Exodus 21Leviticus 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards