All NT OTBook
Compare Texts
Genesis 1 Exodus 14

Exodus 15:1-27

Exodus 16 Leviticus 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Exd 15:1
 
Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.  
 
Exd 15:2
 
Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.  
 
Exd 15:3
 
Die HERE is 'n krygsman; HERE is sy naam.  
 
Exd 15:4
 
Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.  
 
Exd 15:5
 
Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos 'n klip.  
 
Exd 15:6
 
o HERE, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand.  
 
Exd 15:7
 
En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos 'n stoppel.  
 
Exd 15:8
 
En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos 'n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.  
 
Exd 15:9
 
Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.  
 
Exd 15:10
 
U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.  
 
Exd 15:11
 
o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?  
 
Exd 15:12
 
U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.  
 
Exd 15:13
 
U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.  
 
Exd 15:14
 
Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.  
 
Exd 15:15
 
Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.  
 
Exd 15:16
 
Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos 'n klip, terwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.  
 
Exd 15:17
 
U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here!  
 
Exd 15:18
 
Die HERE sal regeer vir ewig en altoos.  
 
Exd 15:19
 
Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.  
 
Exd 15:20
 
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.  
 
Exd 15:21
 
En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.  
 
Exd 15:22
 
Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.  
 
Exd 15:23
 
En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.  
 
Exd 15:24
 
Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?  
 
Exd 15:25
 
En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef  
 
Exd 15:26
 
en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.  
 
Exd 15:27
 
Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Genesis 1Exodus 141 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Exodus 16Leviticus 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards