| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 9:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.
| |
| | Psa 9:2 | Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
| |
| | Psa 9:3 | In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
| |
| | Psa 9:4 | omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
| |
| | Psa 9:5 | Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
| |
| | Psa 9:6 | U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
| |
| | Psa 9:7 | Die vyande het omgekom- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.
| |
| | Psa 9:8 | Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
| |
| | Psa 9:9 | En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
| |
| | Psa 9:10 | So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
| |
| | Psa 9:11 | En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
| |
| | Psa 9:12 | Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
| |
| | Psa 9:13 | Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
| |
| | Psa 9:14 | Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
| |
| | Psa 9:15 | sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
| |
| | Psa 9:16 | Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
| |
| | Psa 9:17 | Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
| |
| | Psa 9:18 | Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
| |
| | Psa 9:19 | Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
| |
| | Psa 9:20 | Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!
| |
| | Psa 9:21 | o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.
| |