| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 6:1 | Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
| |
| | Psa 6:2 | o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.
| |
| | Psa 6:3 | Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.
| |
| | Psa 6:4 | Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?
| |
| | Psa 6:5 | Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
| |
| | Psa 6:6 | Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
| |
| | Psa 6:7 | Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
| |
| | Psa 6:8 | My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
| |
| | Psa 6:9 | Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.
| |
| | Psa 6:10 | Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.
| |
| | Psa 6:11 | Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.
| |