| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 4:1 | Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
| |
| | Psa 4:2 | As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
| |
| | Psa 4:3 | o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
| |
| | Psa 4:4 | Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
| |
| | Psa 4:5 | Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
| |
| | Psa 4:6 | Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
| |
| | Psa 4:7 | Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!
| |
| | Psa 4:8 | Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
| |
| | Psa 4:9 | Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.
| |