| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 3:1 | 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
| |
| | Psa 3:2 | o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
| |
| | Psa 3:3 | Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
| |
| | Psa 3:4 | Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
| |
| | Psa 3:5 | Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
| |
| | Psa 3:6 | Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
| |
| | Psa 3:7 | Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
| |
| | Psa 3:8 | Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
| |
| | Psa 3:9 | Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.
| |