All NT OTBook
Compare Texts
Job 1 Psalms 21

Psalms 22:1-32

Psalms 23 Proverbs 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Psa 22:1
 
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid.  
 
Psa 22:2
 
My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?  
 
Psa 22:3
 
My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.  
 
Psa 22:4
 
Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!  
 
Psa 22:5
 
Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.  
 
Psa 22:6
 
Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.  
 
Psa 22:7
 
Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.  
 
Psa 22:8
 
Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:  
 
Psa 22:9
 
Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!  
 
Psa 22:10
 
Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.  
 
Psa 22:11
 
Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.  
 
Psa 22:12
 
Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.  
 
Psa 22:13
 
Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.  
 
Psa 22:14
 
Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.  
 
Psa 22:15
 
Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.  
 
Psa 22:16
 
My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.  
 
Psa 22:17
 
Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.  
 
Psa 22:18
 
Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!  
 
Psa 22:19
 
Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.  
 
Psa 22:20
 
Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!  
 
Psa 22:21
 
Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.  
 
Psa 22:22
 
Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!  
 
Psa 22:23
 
Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.  
 
Psa 22:24
 
Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!  
 
Psa 22:25
 
Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.  
 
Psa 22:26
 
Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.  
 
Psa 22:27
 
Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!  
 
Psa 22:28
 
Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.  
 
Psa 22:29
 
Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.  
 
Psa 22:30
 
Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.  
 
Psa 22:31
 
'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.  
 
Psa 22:32
 
Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Job 1Psalms 215 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 Psalms 23Proverbs 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards