| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 20:1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
| |
| | Psa 20:2 | Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
| |
| | Psa 20:3 | Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
| |
| | Psa 20:4 | Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
| |
| | Psa 20:5 | Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
| |
| | Psa 20:6 | Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
| |
| | Psa 20:7 | Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
| |
| | Psa 20:8 | Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
| |
| | Psa 20:9 | Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
| |
| | Psa 20:10 | HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!
| |