All NT OTBook
Compare Texts
Job 1 Psalms 18

Psalms 19:1-15

Psalms 20 Proverbs 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Psa 19:1
 
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.  
 
Psa 19:2
 
Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.  
 
Psa 19:3
 
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:  
 
Psa 19:4
 
daar is geen spraak en daar is geen woorde nie- onhoorbaar is hulle stem.  
 
Psa 19:5
 
Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;  
 
Psa 19:6
 
en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.  
 
Psa 19:7
 
Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.  
 
Psa 19:8
 
Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.  
 
Psa 19:9
 
Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.  
 
Psa 19:10
 
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid- tesame is hulle regverdig.  
 
Psa 19:11
 
Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.  
 
Psa 19:12
 
Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.  
 
Psa 19:13
 
Die afdwalinge-wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.  
 
Psa 19:14
 
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.  
 
Psa 19:15
 
Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Job 1Psalms 182 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 Psalms 20Proverbs 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards