| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 13:1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
| |
| | Psa 13:2 | Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?
| |
| | Psa 13:3 | Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?
| |
| | Psa 13:4 | Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;
| |
| | Psa 13:5 | sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.
| |
| | Psa 13:6 | Maar ek- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
| |