| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Psa 12:1 | Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
| |
| | Psa 12:2 | Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
| |
| | Psa 12:3 | Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
| |
| | Psa 12:4 | Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
| |
| | Psa 12:5 | hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
| |
| | Psa 12:6 | Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
| |
| | Psa 12:7 | Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
| |
| | Psa 12:8 | U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
| |
| | Psa 12:9 | Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.
| |