| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 9:1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
| |
| | Job 9:2 | Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
| |
| | Job 9:3 | As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
| |
| | Job 9:4 | Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
| |
| | Job 9:5 | Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
| |
| | Job 9:6 | wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
| |
| | Job 9:7 | wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
| |
| | Job 9:8 | wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
| |
| | Job 9:9 | wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
| |
| | Job 9:10 | wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
| |
| | Job 9:11 | Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
| |
| | Job 9:12 | Sleep Hy weg--wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
| |
| | Job 9:13 | God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
| |
| | Job 9:14 | Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
| |
| | Job 9:15 | Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
| |
| | Job 9:16 | As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
| |
| | Job 9:17 | Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
| |
| | Job 9:18 | my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
| |
| | Job 9:19 | Kom dit aan op die krag van die sterkste--hier is Ek! En kom dit op reg aan--wie kan My dagvaar?
| |
| | Job 9:20 | Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
| |
| | Job 9:21 | Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
| |
| | Job 9:22 | Dit is net eenders--daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
| |
| | Job 9:23 | As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
| |
| | Job 9:24 | Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
| |
| | Job 9:25 | Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
| |
| | Job 9:26 | Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
| |
| | Job 9:27 | As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
| |
| | Job 9:28 | dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
| |
| | Job 9:29 | Ek sal tog skuldig wees--waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
| |
| | Job 9:30 | Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
| |
| | Job 9:31 | dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
| |
| | Job 9:32 | Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
| |
| | Job 9:33 | Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
| |
| | Job 9:34 | Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
| |
| | Job 9:35 | dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.
| |