| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 8:1 | Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
| |
| | Job 8:2 | Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
| |
| | Job 8:3 | Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
| |
| | Job 8:4 | As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
| |
| | Job 8:5 | As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,
| |
| | Job 8:6 | as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
| |
| | Job 8:7 | dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
| |
| | Job 8:8 | Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
| |
| | Job 8:9 | (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)
| |
| | Job 8:10 | sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
| |
| | Job 8:11 | Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
| |
| | Job 8:12 | Nog is dit in sy volle groei--sonder dat dit afgepluk word--dan verdor dit voor al die ander gras.
| |
| | Job 8:13 | So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
| |
| | Job 8:14 | sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
| |
| | Job 8:15 | Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
| |
| | Job 8:16 | Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
| |
| | Job 8:17 | Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
| |
| | Job 8:18 | As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.
| |
| | Job 8:19 | Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
| |
| | Job 8:20 | Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
| |
| | Job 8:21 | Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
| |
| | Job 8:22 | sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose--weg is dit!
| |