All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 5

Job 6:1-30

Job 7 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 6:1
 
Maar Job het geantwoord en gesê:  
 
Job 6:2
 
Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!  
 
Job 6:3
 
Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.  
 
Job 6:4
 
Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.  
 
Job 6:5
 
Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?  
 
Job 6:6
 
Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?  
 
Job 6:7
 
My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.  
 
Job 6:8
 
Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!  
 
Job 6:9
 
En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!  
 
Job 6:10
 
Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.  
 
Job 6:11
 
Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?  
 
Job 6:12
 
Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?  
 
Job 6:13
 
Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?  
 
Job 6:14
 
Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.  
 
Job 6:15
 
My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,  
 
Job 6:16
 
wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg--  
 
Job 6:17
 
in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.  
 
Job 6:18
 
Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.  
 
Job 6:19
 
Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.  
 
Job 6:20
 
Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.  
 
Job 6:21
 
So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.  
 
Job 6:22
 
Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?  
 
Job 6:23
 
Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?  
 
Job 6:24
 
Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.  
 
Job 6:25
 
Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?  
 
Job 6:26
 
Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!  
 
Job 6:27
 
Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.  
 
Job 6:28
 
Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.  
 
Job 6:29
 
Keer tog terug--laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug--nóg is my geregtigheid daar.  
 
Job 6:30
 
Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 51 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 7Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards