All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 4

Job 5:1-27

Job 6 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 5:1
 
Roep maar--is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?  
 
Job 5:2
 
Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.  
 
Job 5:3
 
Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.  
 
Job 5:4
 
Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.  
 
Job 5:5
 
Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.  
 
Job 5:6
 
Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.  
 
Job 5:7
 
Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.  
 
Job 5:8
 
Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,  
 
Job 5:9
 
aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;  
 
Job 5:10
 
wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;  
 
Job 5:11
 
om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.  
 
Job 5:12
 
Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;  
 
Job 5:13
 
wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.  
 
Job 5:14
 
Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.  
 
Job 5:15
 
So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.  
 
Job 5:16
 
So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.  
 
Job 5:17
 
Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.  
 
Job 5:18
 
Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.  
 
Job 5:19
 
In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.  
 
Job 5:20
 
In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.  
 
Job 5:21
 
As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.  
 
Job 5:22
 
Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.  
 
Job 5:23
 
Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.  
 
Job 5:24
 
En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.  
 
Job 5:25
 
Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.  
 
Job 5:26
 
Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.  
 
Job 5:27
 
Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 41 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 6Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards