All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 2

Job 3:1-26

Job 4 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 3:1
 
Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.  
 
Job 3:2
 
En Job het begin en gesê:  
 
Job 3:3
 
Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.  
 
Job 3:4
 
Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.  
 
Job 3:5
 
Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.  
 
Job 3:6
 
Daardie nag--mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.  
 
Job 3:7
 
Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.  
 
Job 3:8
 
Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.  
 
Job 3:9
 
Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.  
 
Job 3:10
 
Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.  
 
Job 3:11
 
Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?  
 
Job 3:12
 
Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?  
 
Job 3:13
 
Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,  
 
Job 3:14
 
saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;  
 
Job 3:15
 
of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.  
 
Job 3:16
 
Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.  
 
Job 3:17
 
Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.  
 
Job 3:18
 
Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.  
 
Job 3:19
 
Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.  
 
Job 3:20
 
Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;  
 
Job 3:21
 
wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;  
 
Job 3:22
 
wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?  
 
Job 3:23
 
Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?  
 
Job 3:24
 
Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.  
 
Job 3:25
 
As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.  
 
Job 3:26
 
Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 21 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 4Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards