| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 26:1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
| |
| | Job 26:2 | Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
| |
| | Job 26:3 | Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
| |
| | Job 26:4 | Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
| |
| | Job 26:5 | Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
| |
| | Job 26:6 | Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie--
| |
| | Job 26:7 | voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
| |
| | Job 26:8 | wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
| |
| | Job 26:9 | wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
| |
| | Job 26:10 | Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
| |
| | Job 26:11 | Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
| |
| | Job 26:12 | Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
| |
| | Job 26:13 | Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
| |
| | Job 26:14 | Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
| |