All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 23

Job 24:1-25

Job 25 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 24:1
 
Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?  
 
Job 24:2
 
Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.  
 
Job 24:3
 
Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.  
 
Job 24:4
 
Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.  
 
Job 24:5
 
Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.  
 
Job 24:6
 
Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.  
 
Job 24:7
 
Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.  
 
Job 24:8
 
Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.  
 
Job 24:9
 
Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.  
 
Job 24:10
 
Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.  
 
Job 24:11
 
Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.  
 
Job 24:12
 
Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.  
 
Job 24:13
 
Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.  
 
Job 24:14
 
Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.  
 
Job 24:15
 
En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.  
 
Job 24:16
 
In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.  
 
Job 24:17
 
Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.  
 
Job 24:18
 
Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.  
 
Job 24:19
 
Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg--so die doderyk die wat gesondig het.  
 
Job 24:20
 
Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout--  
 
Job 24:21
 
hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.  
 
Job 24:22
 
Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.  
 
Job 24:23
 
God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.  
 
Job 24:24
 
Hulle het hul verhef--'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny.  
 
Job 24:25
 
En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 237 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 Job 25Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards