All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 22

Job 23:1-17

Job 24 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 23:1
 
Maar Job het geantwoord en gesê:  
 
Job 23:2
 
Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.  
 
Job 23:3
 
Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!  
 
Job 23:4
 
Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;  
 
Job 23:5
 
ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.  
 
Job 23:6
 
Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee.  
 
Job 23:7
 
Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.  
 
Job 23:8
 
Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.  
 
Job 23:9
 
As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.  
 
Job 23:10
 
Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.  
 
Job 23:11
 
Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.  
 
Job 23:12
 
Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.  
 
Job 23:13
 
Maar Hy bly onveranderlik Een--wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.  
 
Job 23:14
 
Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.  
 
Job 23:15
 
Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.  
 
Job 23:16
 
En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.  
 
Job 23:17
 
Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 226 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 Job 24Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards