All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 21

Job 22:1-30

Job 23 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 22:1
 
Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:  
 
Job 22:2
 
Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.  
 
Job 22:3
 
Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?  
 
Job 22:4
 
Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?  
 
Job 22:5
 
Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?  
 
Job 22:6
 
Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.  
 
Job 22:7
 
Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.  
 
Job 22:8
 
Maar aan die man van geweld--aan hom behoort die land; en die aansienlike--hy moet daarin woon!  
 
Job 22:9
 
Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.  
 
Job 22:10
 
Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.  
 
Job 22:11
 
Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?  
 
Job 22:12
 
Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.  
 
Job 22:13
 
Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?  
 
Job 22:14
 
Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.  
 
Job 22:15
 
Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,  
 
Job 22:16
 
wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,  
 
Job 22:17
 
wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?  
 
Job 22:18
 
En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)  
 
Job 22:19
 
Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:  
 
Job 22:20
 
Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.  
 
Job 22:21
 
Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.  
 
Job 22:22
 
Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.  
 
Job 22:23
 
As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.  
 
Job 22:24
 
En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.  
 
Job 22:25
 
Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.  
 
Job 22:26
 
Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.  
 
Job 22:27
 
Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.  
 
Job 22:28
 
Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.  
 
Job 22:29
 
As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.  
 
Job 22:30
 
Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 215 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 Job 23Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards