| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 21:1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
| |
| | Job 21:2 | Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
| |
| | Job 21:3 | Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
| |
| | Job 21:4 | Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
| |
| | Job 21:5 | Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
| |
| | Job 21:6 | Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
| |
| | Job 21:7 | Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
| |
| | Job 21:8 | Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
| |
| | Job 21:9 | Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
| |
| | Job 21:10 | Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
| |
| | Job 21:11 | Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
| |
| | Job 21:12 | Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
| |
| | Job 21:13 | In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
| |
| | Job 21:14 | Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
| |
| | Job 21:15 | Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
| |
| | Job 21:16 | (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
| |
| | Job 21:17 | Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
| |
| | Job 21:18 | word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
| |
| | Job 21:19 | Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
| |
| | Job 21:20 | Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
| |
| | Job 21:21 | Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
| |
| | Job 21:22 | Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
| |
| | Job 21:23 | Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
| |
| | Job 21:24 | Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
| |
| | Job 21:25 | Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
| |
| | Job 21:26 | Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
| |
| | Job 21:27 | Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
| |
| | Job 21:28 | As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose--
| |
| | Job 21:29 | het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
| |
| | Job 21:30 | dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
| |
| | Job 21:31 | Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel--wie sal hom dit vergeld?
| |
| | Job 21:32 | Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
| |
| | Job 21:33 | Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
| |
| | Job 21:34 | Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde--net troubreuk bly oor!
| |