| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 20:1 | Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
| |
| | Job 20:2 | Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.
| |
| | Job 20:3 | 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
| |
| | Job 20:4 | Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
| |
| | Job 20:5 | dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?
| |
| | Job 20:6 | Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--
| |
| | Job 20:7 | soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
| |
| | Job 20:8 | Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.
| |
| | Job 20:9 | Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
| |
| | Job 20:10 | Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
| |
| | Job 20:11 | Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.
| |
| | Job 20:12 | Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
| |
| | Job 20:13 | al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--
| |
| | Job 20:14 | tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.
| |
| | Job 20:15 | Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
| |
| | Job 20:16 | Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.
| |
| | Job 20:17 | Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.
| |
| | Job 20:18 | Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
| |
| | Job 20:19 | Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
| |
| | Job 20:20 | Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
| |
| | Job 20:21 | Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
| |
| | Job 20:22 | By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
| |
| | Job 20:23 | Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.
| |
| | Job 20:24 | Hy sal vlug vir die ysterwapens--'n koperboog sal hom deurboor.
| |
| | Job 20:25 | Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
| |
| | Job 20:26 | Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
| |
| | Job 20:27 | Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
| |
| | Job 20:28 | Weggevoer word die opbrings van sy huis--goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
| |
| | Job 20:29 | Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.
| |