All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 18

Job 19:1-29

Job 20 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 19:1
 
Maar Job het geantwoord en gesê:  
 
Job 19:2
 
Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?  
 
Job 19:3
 
Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.  
 
Job 19:4
 
En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.  
 
Job 19:5
 
As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,  
 
Job 19:6
 
weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.  
 
Job 19:7
 
As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.  
 
Job 19:8
 
Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.  
 
Job 19:9
 
My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.  
 
Job 19:10
 
Hy werp my aan alle kante omver, en--daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.  
 
Job 19:11
 
Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.  
 
Job 19:12
 
As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.  
 
Job 19:13
 
My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.  
 
Job 19:14
 
My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.  
 
Job 19:15
 
My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.  
 
Job 19:16
 
Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.  
 
Job 19:17
 
My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.  
 
Job 19:18
 
Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.  
 
Job 19:19
 
Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.  
 
Job 19:20
 
My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.  
 
Job 19:21
 
Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!  
 
Job 19:22
 
Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?  
 
Job 19:23
 
Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word--  
 
Job 19:24
 
met 'n ystergriffel en lood--vir altyd in 'n rots ingekap!  
 
Job 19:25
 
Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.  
 
Job 19:26
 
En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;  
 
Job 19:27
 
Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë--en geen vreemde nie--sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.  
 
Job 19:28
 
As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! --  
 
Job 19:29
 
vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 182 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 Job 20Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards