| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 16:1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
| |
| | Job 16:2 | Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
| |
| | Job 16:3 | Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
| |
| | Job 16:4 | Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
| |
| | Job 16:5 | ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
| |
| | Job 16:6 | As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou--watter verligting bring dit my?
| |
| | Job 16:7 | Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
| |
| | Job 16:8 | En U het my gegryp--'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
| |
| | Job 16:9 | Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
| |
| | Job 16:10 | Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.
| |
| | Job 16:11 | God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.
| |
| | Job 16:12 | Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
| |
| | Job 16:13 | Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
| |
| | Job 16:14 | Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
| |
| | Job 16:15 | 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
| |
| | Job 16:16 | My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;
| |
| | Job 16:17 | alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
| |
| | Job 16:18 | o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
| |
| | Job 16:19 | Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.
| |
| | Job 16:20 | My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God--
| |
| | Job 16:21 | dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.
| |
| | Job 16:22 | Want maar min jare kom--dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.
| |