All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 14

Job 15:1-35

Job 16 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 15:1
 
Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:  
 
Job 15:2
 
Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind--  
 
Job 15:3
 
deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?  
 
Job 15:4
 
Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.  
 
Job 15:5
 
Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.  
 
Job 15:6
 
Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.  
 
Job 15:7
 
Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?  
 
Job 15:8
 
Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?  
 
Job 15:9
 
Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?  
 
Job 15:10
 
Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.  
 
Job 15:11
 
Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek?  
 
Job 15:12
 
Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so--  
 
Job 15:13
 
dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?  
 
Job 15:14
 
Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?  
 
Job 15:15
 
Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;  
 
Job 15:16
 
hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!  
 
Job 15:17
 
Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;  
 
Job 15:18
 
wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;  
 
Job 15:19
 
aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.  
 
Job 15:20
 
Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.  
 
Job 15:21
 
Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.  
 
Job 15:22
 
Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.  
 
Job 15:23
 
Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.  
 
Job 15:24
 
Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,  
 
Job 15:25
 
omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het  
 
Job 15:26
 
(hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);  
 
Job 15:27
 
omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,  
 
Job 15:28
 
en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.  
 
Job 15:29
 
Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.  
 
Job 15:30
 
Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.  
 
Job 15:31
 
Laat hom nie vertrou op nietigheid nie--hy kom bedroë uit! --want nietigheid sal sy vergelding wees.  
 
Job 15:32
 
Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.  
 
Job 15:33
 
Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom.  
 
Job 15:34
 
Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.  
 
Job 15:35
 
Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 141 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 16Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards