All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 13

Job 14:1-22

Job 15 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 14:1
 
Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.  
 
Job 14:2
 
Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.  
 
Job 14:3
 
En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.  
 
Job 14:4
 
Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine--nie een nie!  
 
Job 14:5
 
As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,  
 
Job 14:6
 
kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus--totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.  
 
Job 14:7
 
Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.  
 
Job 14:8
 
As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof--  
 
Job 14:9
 
van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.  
 
Job 14:10
 
Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?  
 
Job 14:11
 
Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog--  
 
Job 14:12
 
so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.  
 
Job 14:13
 
Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!  
 
Job 14:14
 
As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;  
 
Job 14:15
 
U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.  
 
Job 14:16
 
Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?  
 
Job 14:17
 
My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.  
 
Job 14:18
 
Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;  
 
Job 14:19
 
die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens--U maak dit tot niet.  
 
Job 14:20
 
U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.  
 
Job 14:21
 
Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.  
 
Job 14:22
 
Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 131 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 15Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards