All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 12

Job 13:1-28

Job 14 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 13:1
 
Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.  
 
Job 13:2
 
Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.  
 
Job 13:3
 
Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.  
 
Job 13:4
 
Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.  
 
Job 13:5
 
Ag, as julle maar heeltemal sou swyg--dan sou dit vir julle wysheid wees!  
 
Job 13:6
 
Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.  
 
Job 13:7
 
Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?  
 
Job 13:8
 
Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?  
 
Job 13:9
 
Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?  
 
Job 13:10
 
Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.  
 
Job 13:11
 
Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?  
 
Job 13:12
 
Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.  
 
Job 13:13
 
Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.  
 
Job 13:14
 
Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?  
 
Job 13:15
 
Kyk, al wil Hy my ombring--ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.  
 
Job 13:16
 
Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.  
 
Job 13:17
 
Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.  
 
Job 13:18
 
Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.  
 
Job 13:19
 
Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.  
 
Job 13:20
 
Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:  
 
Job 13:21
 
trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.  
 
Job 13:22
 
Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.  
 
Job 13:23
 
Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.  
 
Job 13:24
 
Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?  
 
Job 13:25
 
Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,  
 
Job 13:26
 
dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,  
 
Job 13:27
 
en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;  
 
Job 13:28
 
en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 121 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 14Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards