All NT OTBook
Compare Texts
Esther 1 Job 11

Job 12:1-25

Job 13 Psalms 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Job 12:1
 
Maar Job het geantwoord en gesê:  
 
Job 12:2
 
Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!  
 
Job 12:3
 
Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?  
 
Job 12:4
 
Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het--'n belagging is die regverdige, die opregte!  
 
Job 12:5
 
Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.  
 
Job 12:6
 
Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.  
 
Job 12:7
 
Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;  
 
Job 12:8
 
of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.  
 
Job 12:9
 
Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?  
 
Job 12:10
 
In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.  
 
Job 12:11
 
Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?  
 
Job 12:12
 
By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.  
 
Job 12:13
 
By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.  
 
Job 12:14
 
Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.  
 
Job 12:15
 
Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.  
 
Job 12:16
 
By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.  
 
Job 12:17
 
Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.  
 
Job 12:18
 
Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.  
 
Job 12:19
 
Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.  
 
Job 12:20
 
Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.  
 
Job 12:21
 
Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.  
 
Job 12:22
 
Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.  
 
Job 12:23
 
Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.  
 
Job 12:24
 
Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.  
 
Job 12:25
 
Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Esther 1Job 111 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Job 13Psalms 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards