| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 11:1 | Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
| |
| | Job 11:2 | Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?
| |
| | Job 11:3 | Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot--sonder dat iemand jou beskaamd maak--
| |
| | Job 11:4 | en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
| |
| | Job 11:5 | Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
| |
| | Job 11:6 | En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
| |
| | Job 11:7 | Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
| |
| | Job 11:8 | Hoogtes van die hemel is dit--wat kan jy doen? Dieper as die doderyk--wat kan jy weet?
| |
| | Job 11:9 | Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
| |
| | Job 11:10 | As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep--wie sal Hom dan teëhou?
| |
| | Job 11:11 | Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
| |
| | Job 11:12 | So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.
| |
| | Job 11:13 | As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
| |
| | Job 11:14 | --as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie--
| |
| | Job 11:15 | ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
| |
| | Job 11:16 | Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
| |
| | Job 11:17 | En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker--dit sal wees soos die môre!
| |
| | Job 11:18 | En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond--jy sal in veiligheid gaan slaap.
| |
| | Job 11:19 | Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
| |
| | Job 11:20 | Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is--uitblasing van die laaste asem.
| |