| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Job 10:1 | Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.
| |
| | Job 10:2 | Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
| |
| | Job 10:3 | Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?
| |
| | Job 10:4 | Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien?
| |
| | Job 10:5 | Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?
| |
| | Job 10:6 | dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,
| |
| | Job 10:7 | ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?
| |
| | Job 10:8 | U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!
| |
| | Job 10:9 | Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?
| |
| | Job 10:10 | Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?
| |
| | Job 10:11 | Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.
| |
| | Job 10:12 | Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.
| |
| | Job 10:13 | Maar daarby het U dít verberg in u hart, ek weet dat dít u toeleg was:
| |
| | Job 10:14 | As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.
| |
| | Job 10:15 | Was ek skuldig--wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.
| |
| | Job 10:16 | En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.
| |
| | Job 10:17 | U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder--altyd nuwe leërafdelings teen my!
| |
| | Job 10:18 | Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.
| |
| | Job 10:19 | Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.
| |
| | Job 10:20 | Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,
| |
| | Job 10:21 | voordat ek heengaan--en nie terugkom nie--na die land van duisternis en doodskaduwee,
| |
| | Job 10:22 | 'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel--soos middernag!
| |