All NT OTBook
Compare Texts
1 Chronicles 1 2 Chronicles 16

2 Chronicles 17:1-19

2 Chronicles 18 Ezra 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
2Ch 17:1
 
En sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.  
 
2Ch 17:2
 
En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.  
 
2Ch 17:3
 
En die HERE was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,  
 
2Ch 17:4
 
maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.  
 
2Ch 17:5
 
Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.  
 
2Ch 17:6
 
En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.  
 
2Ch 17:7
 
En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;  
 
2Ch 17:8
 
en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Asahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.  
 
2Ch 17:9
 
En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.  
 
2Ch 17:10
 
En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.  
 
2Ch 17:11
 
En van die Filistyne het vir Jósafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke.  
 
2Ch 17:12
 
So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.  
 
2Ch 17:13
 
En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.  
 
2Ch 17:14
 
En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;  
 
2Ch 17:15
 
en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend;  
 
2Ch 17:16
 
en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;  
 
2Ch 17:17
 
en uit Benjamin was Éljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;  
 
2Ch 17:18
 
en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen.  
 
2Ch 17:19
 
Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
1 Chronicles 12 Chronicles 161 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 2 Chronicles 18Ezra 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards