All NT OTBook
Compare Texts
2 Kings 1 1 Chronicles 1

1 Chronicles 2:1-55

1 Chronicles 3 2 Chronicles 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
1Ch 2:1
 
Dit is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon,  
 
1Ch 2:2
 
Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.  
 
1Ch 2:3
 
Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.  
 
1Ch 2:4
 
En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.  
 
1Ch 2:5
 
Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.  
 
1Ch 2:6
 
En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.  
 
1Ch 2:7
 
En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.  
 
1Ch 2:8
 
En die seuns van Etan was Asárja.  
 
1Ch 2:9
 
En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.  
 
1Ch 2:10
 
En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.  
 
1Ch 2:11
 
En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;  
 
1Ch 2:12
 
en Boas van Obed, en Obed van Isai;  
 
1Ch 2:13
 
en Isai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;  
 
1Ch 2:14
 
van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,  
 
1Ch 2:15
 
van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.  
 
1Ch 2:16
 
En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.  
 
1Ch 2:17
 
En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.  
 
1Ch 2:18
 
En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.  
 
1Ch 2:19
 
Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.  
 
1Ch 2:20
 
En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.  
 
1Ch 2:21
 
Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.  
 
1Ch 2:22
 
En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.  
 
1Ch 2:23
 
En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.  
 
1Ch 2:24
 
En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.  
 
1Ch 2:25
 
En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.  
 
1Ch 2:26
 
Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.  
 
1Ch 2:27
 
En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.  
 
1Ch 2:28
 
En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.  
 
1Ch 2:29
 
En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.  
 
1Ch 2:30
 
En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.  
 
1Ch 2:31
 
En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.  
 
1Ch 2:32
 
En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.  
 
1Ch 2:33
 
En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.  
 
1Ch 2:34
 
En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;  
 
1Ch 2:35
 
en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar.  
 
1Ch 2:36
 
En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;  
 
1Ch 2:37
 
en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;  
 
1Ch 2:38
 
en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;  
 
1Ch 2:39
 
en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;  
 
1Ch 2:40
 
en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;  
 
1Ch 2:41
 
en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.  
 
1Ch 2:42
 
En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene--hy was die vader van Sif--en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.  
 
1Ch 2:43
 
En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.  
 
1Ch 2:44
 
En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.  
 
1Ch 2:45
 
En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-Sur.  
 
1Ch 2:46
 
En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.  
 
1Ch 2:47
 
En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.  
 
1Ch 2:48
 
Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;  
 
1Ch 2:49
 
en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.  
 
1Ch 2:50
 
Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,  
 
1Ch 2:51
 
Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.  
 
1Ch 2:52
 
En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgot.  
 
1Ch 2:53
 
En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom.  
 
1Ch 2:54
 
Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.  
 
1Ch 2:55
 
En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
2 Kings 11 Chronicles 11 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 1 Chronicles 32 Chronicles 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards