| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | 1Ch 1:1 | Adam, Set, Enos,
| |
| | 1Ch 1:2 | Kenan, Mahalálel, Jered,
| |
| | 1Ch 1:3 | Henog, Metúsalag, Lameg,
| |
| | 1Ch 1:4 | Noag, Sem, Gam en Jafet.
| |
| | 1Ch 1:5 | Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
| |
| | 1Ch 1:6 | En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Togárma.
| |
| | 1Ch 1:7 | En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete.
| |
| | 1Ch 1:8 | Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän.
| |
| | 1Ch 1:9 | En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan.
| |
| | 1Ch 1:10 | En Kus was die vader van Nimrod; hy het begin om 'n geweldenaar op die aarde te wees.
| |
| | 1Ch 1:11 | En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete,
| |
| | 1Ch 1:12 | en die Patrusiete en Kasluhiete--waaruit die Filistyne voortgekom het--en die Kaftoriete.
| |
| | 1Ch 1:13 | En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
| |
| | 1Ch 1:14 | en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete,
| |
| | 1Ch 1:15 | en die Hewiete en Arkiete en Siniete,
| |
| | 1Ch 1:16 | en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete.
| |
| | 1Ch 1:17 | Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg.
| |
| | 1Ch 1:18 | En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
| |
| | 1Ch 1:19 | En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.
| |
| | 1Ch 1:20 | En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag,
| |
| | 1Ch 1:21 | en Hadóram en Usal en Dikla,
| |
| | 1Ch 1:22 | en Ebal en Abímael en Skeba,
| |
| | 1Ch 1:23 | en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
| |
| | 1Ch 1:24 | Sem, Arpágsad, Selag,
| |
| | 1Ch 1:25 | Heber, Peleg, Rehu,
| |
| | 1Ch 1:26 | Serug, Nahor, Tera,
| |
| | 1Ch 1:27 | Abram; dit is Abraham.
| |
| | 1Ch 1:28 | Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.
| |
| | 1Ch 1:29 | Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was Nébajot, en Kedar en Adbeël en Mibsam,
| |
| | 1Ch 1:30 | Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema,
| |
| | 1Ch 1:31 | Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael.
| |
| | 1Ch 1:32 | En die seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.
| |
| | 1Ch 1:33 | En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.
| |
| | 1Ch 1:34 | En Abraham was die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel;
| |
| | 1Ch 1:35 | die seuns van Esau: Élifas, Réhuel en Jehus en Jáelam en Korag.
| |
| | 1Ch 1:36 | Die seuns van Élifas was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Amalek.
| |
| | 1Ch 1:37 | Die seuns van Réhuel was: Náhat, Serag, Samma en Missa.
| |
| | 1Ch 1:38 | En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan.
| |
| | 1Ch 1:39 | En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna.
| |
| | 1Ch 1:40 | Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana.
| |
| | 1Ch 1:41 | Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran.
| |
| | 1Ch 1:42 | Die seuns van Eser was: Bilhan en Sáäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran.
| |
| | 1Ch 1:43 | En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar 'n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába;
| |
| | 1Ch 1:44 | en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra.
| |
| | 1Ch 1:45 | En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer.
| |
| | 1Ch 1:46 | En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.
| |
| | 1Ch 1:47 | En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.
| |
| | 1Ch 1:48 | En Samla het gesterwe, en Saul uit Réhobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer.
| |
| | 1Ch 1:49 | En Saul het gesterwe, en Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer.
| |
| | 1Ch 1:50 | Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
| |
| | 1Ch 1:51 | Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet,
| |
| | 1Ch 1:52 | die vors Oholibáma, die vors Ela, die vors Pinon,
| |
| | 1Ch 1:53 | die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar,
| |
| | 1Ch 1:54 | die vors Mágdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom.
| |