All NT OTBook
Compare Texts
Genesis 9

Genesis 10:1-32

Genesis 11 Exodus 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Gen 10:1
 
En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet--vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.  
 
Gen 10:2
 
Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.  
 
Gen 10:3
 
En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Togárma.  
 
Gen 10:4
 
En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete--  
 
Gen 10:5
 
uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.  
 
Gen 10:6
 
En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.  
 
Gen 10:7
 
En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.  
 
Gen 10:8
 
Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.  
 
Gen 10:9
 
Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sę hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.  
 
Gen 10:10
 
En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.  
 
Gen 10:11
 
Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag  
 
Gen 10:12
 
en Resen, tussen Ninevé en Kalag--dit is die groot stad.  
 
Gen 10:13
 
En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete  
 
Gen 10:14
 
en die Patrusiete en Kasluhiete--waaruit die Filistyne voortgekom het--en Kaftoriete.  
 
Gen 10:15
 
En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het  
 
Gen 10:16
 
en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete  
 
Gen 10:17
 
en die Hewiete en Arkiete en Siniete  
 
Gen 10:18
 
en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.  
 
Gen 10:19
 
En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa.  
 
Gen 10:20
 
Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.  
 
Gen 10:21
 
En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.  
 
Gen 10:22
 
Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.  
 
Gen 10:23
 
En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.  
 
Gen 10:24
 
En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.  
 
Gen 10:25
 
En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.  
 
Gen 10:26
 
En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag  
 
Gen 10:27
 
en Hadóram en Usal en Dikla  
 
Gen 10:28
 
en Obal en Abímael en Skeba  
 
Gen 10:29
 
en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.  
 
Gen 10:30
 
En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.  
 
Gen 10:31
 
Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.  
 
Gen 10:32
 
Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Genesis 91 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Genesis 11Exodus 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards